The father and son duo will finally have their day in court after more than a year behind bars.

Daar is baie min oor die plaasaanval wat verlede week Woensdag, 8 Julie, op ‘n hoenderplaas langs die Eilandpad plaasgevind het gerapporteer. ‘n Bejaarde egpaar is deur vier gewapende verdagtes in hul huis oorval. Die aanval het tussen 16:00 en 17:00 plaasgevind. Die egpaartjie verkoop hoenders op hul plaas en na wat verneem word het hulle die middag terug gekeer huistoe na ‘n uitstappie dorp toe.

Na bewering het ‘n BMW met vier insittendes, die paartjie op die grondpad na hul huis agtervolg. Daar is gereeld verkeer na hul plaas met mense wat hoenders gaan koop, so dié voertuig het geen agterdog gewek nie.

Volgens wat berig word, het een van die insittendes uit die voertuig geklim en twee van die plaaswerkers met ‘n vuurwapen aangehou terwyl sy drie makkers hul pad na die hoofhuis gevind het. Daar het hulle die oom en tannie aangehou en daarop aangedring dat hulle die sleutels vir die kluis aan hulle oorhandig. Die egpaartjie se dogter wie ook op die plaas woon, het daarin geslaag om weg te kruip en het die Letsitele Buurtwag om hulp geroep.

Binne oomblikke het die Buurtwag hul na die toneel gehaas. Ander sekuriteitsfirmas is ook ontplooi. Die verdagtes het intussen met selfone, ‘n skootrekenaar en kontant op die vlug geslaan en is deur een van die Buurtwag lede op die grondpad gewaar. Die Buurtwag-lid het probeer om die BMW sedan van die grondpad af te druk en in die proses het die verdagtes se voertuig vermoedelik ‘n klip raak gery en ontklaar geraak. Hulle het uit die voertuig gespring en die bosse in gehardloop.

Die BMW voertuig wat tydens die plaasaanval deur die rowers gebruik is, en wat op die grondpad ontklaar geraak het na ‘n lid van die Letsitele Buurtwag hom op die grondpad agterna gesit het. Hierdie motor is vermoedelik aan ‘n polisielid geregistreer.

Die spesialis-eenheid, Heritage Protection Group (HPG) het die vier verdagtes se spore vir omtrent 25 kilometer gevolg en twee huise geidentifiseer waar hulle moontlik woonagtig is. Die verdagtes is wel nie daar betrap nie, maar die inligting is aan die SAPD deurgegee en die saak word steeds ondersoek.

Intussen is daar vertroulik aan Bulletin vertel dat die voertuig wat in die aanval gebruik is, moontlik aan ‘n polisielid geregistreer is. Daar word ook bespiegel dat die polisielid beweer dat hy die voertuig aan sy broer verkoop het, en dat dié nou staatsgetuie wil draai na sy inhegtenisneming in kort na hierdie voorval. Dié inligting is aan die polisiewoordvoerder Brig Motlafelo Mojapelo deurgegee maar teen druktyd hierdie week (16 Julie) het ons steeds op sy kommentaar gewag. 

Die bejaarde plaaseienaar het enkele houe teen sy kop opgedoen tydens die aanval maar is nie ernstig beseer nie. Sy vrou is ook nie in die voorval erg beseer of aangerand nie, maar het aan erge skok gelei. Daar word berig dat van die kontant wat gebuit is, terug gevind is.

>