Renzo du Plessis

Renzo du Plessis, die uithaler rugbyspeler van die Hoërskool Ben Vorster wie tydens verlede jaar met sy kraglopie tydens die O/18 Cravenweek-toernooi die hoofopskrifte van die nasionale pers behaal het, gaan hierdie naweek ‘n belangrike rugby-oefenkamp bywoon.
Du Plessis wie selfs ‘n kranige atleet ook is, is uitgenooi om deel van die Stellenbosch Academy of Sport se rugby-oefenkamp te wees. Du Plessis is een van sowat 53 spelers van regoor Suid-Afrika wat van die 27ste Februarie tot die 1ste Maart op Stellenbosch hierdie oefenkamp gaan bywoon.

>