Tharishca van der Walt van die All Star Equestrian Academy se perdrylesse vir kinders is weer in volle swang sedert die Covid-19 inbeperking na vlak 3 op die 1ste Junie geskuif is.

Van der Walt het ouers verseker dat sy gerat is om klasse aan te bied met al die nodige voorsorgmaatreëls in plek soos vereis deur die department van gesondheid.

Volgens van der Walt is sy verheug om weer lesse te kan aanbied. Sy het gesê die kinders en hul ouers is net so verheug om hul kinders vir perdrylesse en terapie te kan bring.

Die vier jaar oue Xanke Coetzer wie gewoontlik lesse op Robyn neem, het eerder gekies om op All Star haar perdelesse vir dié dag te neem. Saam haar is All Star Equestrian Academy se eienaar en afrigter, Tharischca van der Walt. Foto: Roelof de Jonge

Van der Walt het verlede jaar haar mikpunt bereik as ‘n vlak 3 Western Mounted Games ruiter tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap op Parys.

As ‘n voormalige kaptein van die Hoërskool Merensky se perderuiterspan en gebore uit ‘n generasie perderuiters, was van der Walt se besluit om All Star Equestrian Academy te vestig beslis die regte een gewees.

So tussen die perdry-afrigting studeer sy deeltyds onderwys deur die Universiteit van Noord-Wes in Potchefstroom. Sy studeer vir hoërskoolfase waar sy beplan om Geografie en Biologie aan te bied.

All Star Equestrian Academy se naam het van der Walt na haar Western Mounted vlak 3 perd, All Star, vernoem wie ook een van die staatmakers by die perdryskool is. Die ander perd is Robyn wat van der Walt saam met All Star inspan om lesse mee aan te bied.

Mense wie belangstel om hul kinders vir perdrylesse te neem, kan van der Walt by 072 843 7460 skakel of haar e-pos na tharishcavdw@gmail.com

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here