Cor van Heiningen van Tzaneen Marathonklub gooi sy arms omhoog na hy so pas 90km van die eerste virtuele Comrades ‘Race the Legends’ kaf gedraf het.

Cor van Heyningen van Tzaneen Marathonklub was Sondag een van derduisende atlete wêreldwyd wat aan die eerste virtuele ‘Race the Comrades Legends’ marathon deelgeneem het.

Dié kanniedood atleet het vir die almintige 90km-afdeling van dié wedloop ingeskryf en dit het hom sowat 10 ure en 50 minute geneem om die eindstreep te bereik.

Met die ondersteuing van sy geliefde vrou Liezl, het Cor van Heyningen Sondag se eerste van sy soort se virtuele Comrades ‘Race the Legends’ wedloop van 90km suksesvol voltooi.

“Wat Sondag se wedloop so besonders gemaak het is die hoeveelheid familie en vriende wat my deurentyd ondersteun het. My roete het in Arborpark begin, waarna my roete my verby Tzaneen se treinstasie na Venbeck se omgewing gelei het. My vrou Liezl was ‘n amazing ondersteuner!”

Mede-atlete en selfs fietsryers het Cor van Heyningen deurentyd Sondag op sy 90km roete van die virtuele weergawe van die Comrades Ultra Marathon ondersteun.

“Ek het vandaar na Doringhoek gedraf, toe terug na Tzaneen Dam se wal se rigting toe. Hierna het my roete my na Politsi se omgewing geneem en uiteindelik weer terug tot in Tzaneen”, het van Heyningen gesê.

Conrad Vosloo met sy fiets het sy vriend Cor van Heyningen van die begin af Sondag ondersteun in die internasionale virtuele Comrades ‘Race the Legends’ Marathon. Van Heyningen het aan die 90km weergawe deelgeneeem, en voltooi.

Volgens die langasem het familie, mede-atlete en vriende, asook van hul kinders, by hom aangesluit deurentyd om aan hul eie virtuele Comrades deel te neem. Hy het ook genoem hoe Conrad Vosloo van die staanspoor hom ondersteun het, en dit vir van Heyningen was ook baie besonderse gebaar wat hy vir lank sal onthou.

“Ek was dus vir geen oomblik alleen nie. Die ondersteuning was absoluut ongelooflik wat my wedloop soveel makliker gemaak het. My roete vir die virtuele Comrades het sowat 1 500m se opdraendes bevat, wat nogal soortgelyk is aan die werklike Comrades Ultra Marathon”, het van Heyningen aan Bulletin vertel.

Hy het na sy deelname aan Sondag se wedloop vertel dat dit ‘n besonderse oomblik was om aan hierde wedloop te kon deelneem, veral in die lig van die ondersteuning wat hy geniet het.

Maar vir dié week rus van Heyningen sodat sy liggaam kan herstel, want 90km is beslis nie vir sissies nie.

Bernard van den Dool van die Ofcolaco Harriers Running Club tydens sy deelname aan die 45km weergawe van die virtuele Comrades Marathon. Die atlete wie saam van den Dool gedraf het, is Greta Bekker en Busisiwe Nyabana. Foto: Roelof de Jonge
Bennie en Stephanie Krüger het Sondag aan die 10km afstand van die virtuele Comrades Marathon deelgeneem en die afstand in ‘n tyd van 01:22:04 voltooi. Foto: Roelof de Jonge

Mede-atlete van Tzaneen Marathonklub asook van Le Club en Ofcolaco Harriers Running Club het ook Sondag die pad aangedurf. Waar ‘n wedloop ‘n begin- en eindpunt het, was Sondag se virtuele Comrades wedloop ‘n perd van ‘n ander kleur.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here