Die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI) het vanaf die 15de tot die 17de Julie ‘n kortkursus, inleiding tot besproeiing, vir die gr.12 landboutegnologie leerders van Agri-Merensky aangebied.

Die SABI-fasiliteerder, Annemarie van der Westhuizen van Pretoria, het die kursus aangebied. Behalwe vir die teoretiese aspek, het die leerders ook praktiese sessies in ondermeer pype en toebehore asook mikro oftewel drupbesproeiing ervaar.

Annemarie van der Westhuizen (SABI-kursusaanbieder) is hier saam Muller Boshoff (organiseerder) en Marius Jansen van Rensburg Agrico Tzaneen.

Agrico Tzaneen het die 21 gr.12-leerders se kursusfooi geborg. Volgens die Hoërskool Merensky se bemarkingsbestuurder, Louis du Preez, beskou Marius Jansen van Rensburg, takbestuurder van Agrico Tzaneen, dié belegging as vrugtevol.

Dit nadat elkeen van die leerders die kursus geslaag het. Elke leerder het na die intensiewe kursus wat oor drie dae aangebied was ‘n sertifikaat ontvang. Volgens van der Westhuizen het die top vier leerders van Agri-Merensky tot dusver die beste in die land presteer. Die leerders, Hannes Schreuder, Pieter Engelbrecht, Duan Rossouw en Johan Haynes, het almal bo 90% vir die finale toets behaal.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here