Margie van Tonder, voorsitter van die SAVF, besig om ‘n Sakkie vir ‘n Pakkie te verpak wat aan behoeftige gesinne geskenk gaan word. Foto: Roelof de Jonge

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) van Tzaneen benodig die hulp van die publiek en ondernemings om sy maandelikse kossakkies te help opvul. Die skenkings van die Sakkie vir ‘n Pakkie projek sal help om verligting vir meer as ‘n 100 behoeftige gesinne te bring.

Volgens die SAVF, bevat hierdie sakkies net die broodnodige produkte wat ‘n huishouding benodig. Die produkte sluit ondermeer blikkieskos, tee, pasta, rys en seep in en die koste daarvan beloop sowat R400 per kossakkie.

Dié bedrag van R400 kan natuurlik ook in die rekening van SAVF betaal word vir mense wat dit moeilik vind om self inkopies te doen. Die geld kan SAVF se ABSA rekening betaal word. Die rekening nommer is 126 080 0104 en die verwysing vir die inbetaling is Sakkie. Die naam van die skenker aangeheg.

Die SAVF is afhanklik van weldoeners om gesinne in nood by te staan wat veral deur die afgelope Covid-19 regulasie gekortwiek was. Skenkings in die vorm van kos, klere en kontant is altyd welkom.

“Ons maak staat op Tzaneen se vrygewige inwoners en wil hulle ook bedank dat ons altyd op hulle kan reken. Ons wil mense graag aangemoedig om die welwillendheidsprojek te ondersteun”, sê Margie van Tonder, voorsitter van die SAVF.

Vir meer inligitng kan mense die SAVF se kantoor by 015 307 2645 of 082 773 0471 skakel.

Die benodigde produkte in aanvraag vir die skenkings is:

Konfyt 900g

Grondboontjiebotter 400g

Margarien 500g

Ingelegde blikkies vleis (boeliebief) 300g

Sardyne in tamatiesous 425g

Geblikte gemengde groente 410g

Sousboontjies (baked beans) 410g

Suikermielies 415g

Sonneblom-olie 750ml

Eiers 1 dosyn

Soppoeier 2 pakkies

Macaroni of pasta 500g

Rys 2kg

Soja maalvleispakkies 500g

Bruinsuiker 2kg

Teesakkies x40

Waspoeier 1kg

Badseep 200g

Toiletpapier 2 rolle

Skottelgoedseep 750ml.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here