Die Hoërskool Ben Vorster se gr.12-gasvryheidstudieklas tydens hul departementele praktiese eindeksamen. Voor is Cindy Greyvenstein, Adéle du Plessis (onderwyser) en Maryke Basson. In die middle is Jennifer Vercueil en Sheline Dalton. Agter is Nathan van den Heever, Kyle Sharp en Anthony Fouché. Foto’s: Hoërskool Ben Vorster

Die Hoërskool Ben Vorster se Gr.12-gasvryheidstudieklas het Vrydag die 18de September vir oulaas agter die potte gestaan om hulle departementele praktiese eindeksamen (PAT) af te lê.

Met soveel “nuwe normaal aanpassings” danksy die Covid-19 inperkingsmaatreëls, het dit die leerders nie van streik afgebring nie. Hulle het soos wafferse professionele sjefs die geregte gemaak soos wat van hulle verwag was.

Die Vossies sjefs het almal saamgewerk aan die viergangspyskaart wat hulle moes voorberei het. Hulle kon ‘n koningsmaal voorberei danksy die kennis wat hulle tydens restaurantaande en praktiese klasse opgedoen het, kan die leerders ‘n konigsmaals opdis.

Die Vossie se sjefs het ondermeer sampioensop, viskoekies, gevulde hoenderborsies, blomkool au-gratin en heerlike suurlemoentert opgedis.

Die sjefs het ondermeer sampioensop, viskoekies, gevulde hoenderborsies, blomkool au-gratin en heerlike suurlemoentert voorberei. Hopelik teen die tyd wat hierdie sjefs die gasvryheidsbedryf na hul studies betree, die Covid-19 pandemie en gepaardgaande inperkingsmaatreëls iets van die verlede wees om Bon Appetit geregte op te dis.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here