Die Bosveld Jagters en Wildsbewaring Vereniging se Letaba-tak op Tzaneen het Saterdag die 10de Oktober sy jaarlikse Rondomtalie Skietdag gehou. Aksiefoto's: Roelof de Jonge

Die Bosveld Jagters en Wildsbewaring Vereniging se Letaba-tak op Tzaneen het Saterdag die 10de Oktober sy jaarlikse Rondomtalie Skietdag gehou.

Van links is Carel Jacobsz, Lourens Kriel en Dré Jonker.

Die verskeidenheid van junior en senior sowel as mans- en vroue-skuts het aan ‘n verskeidenheid van afdelings deelgeneem soos ondermeer kleiduif-, handgeweer-, luggeweer- en jaggeweerskiet. Selfs ‘n kort maar deurdrenkende reënbui in die agtermiddag kon nie die skuts van stryk afbring nie.

Kylie-Rae Eberhard, algehele vroue-afdelingswenner, ontvang haar prys van Liesel Roos (sekretaresse van die BJV Letaba-tak). Foto: BJV

Piet Meyer het die fynste gekorrel om met die algehele louere en die ope-mans afdeling weg te stap. Dié skut het ‘n algehele puntestand van 720 aangeteken. Die naaswenner was HerJo Engelbrecht wie ‘n totaal van 705 punte behaal het. In die derde plek met 690 punte was Bryan Hyland.

Die verskeidenheid van junior en senior sowel as mans- en vroue-skuts het aan ‘n verskeidenheid van afdelings deelgeneem.

Kylie-Rae Eberhard was die voorste vroueskut en sy het met 490 punte die ope-vroue afdeling gewen.

In die ope-afdeling vir o/16-skuts het Joubert Fleischmann die sekuurste geskiet om hierdie afdeling met ‘n puntestand van 560 te beklink. In die tweedeplek met 470 punte was Carel Jacobsz en hy was deur Lourens Kriel gevolg wie 410 punte aangeteken het.

Piet Meyer (algehele wenner) ontvang sy pryse by Philip Robinson (voorsitter van die BJV Letaba-tak). Meyer wen met 720 punte asook ‘n Howa 25-06 jaggeweer. Foto: BJV

Die windbuks oftewel luggeweerskiet is veral onder die junior skuts ‘n gewilde afdeling om aan deel te neem. Saterdag se rondomtalie was geen uitsondering nie met ‘n aantal junior skuts wat hul slag kom wys het.

Francois Vorster.

Mieke Pieterse het met 33 punte, ‘n skrale punt voor die naaswenner, in die luggeweer-afdeling vir o/13 skuts geseëvier. Die tweedeplek was deur MJ Pohl ingeneem met Jana Jacobsz ‘n kortkop agter die voorlopers met 29 punte het derdeplek geëindig.

HerJo Engelbrecht.

Selfs in die luggeweer-afdeling vir o/10 skuts het die jongelinge nie op hul laat wag om te wys hulle is beslis ‘n fonds vir die sport se toekoms. Gerhard Benade was hierdie afdeling se wenner met 33 punte met MJ Pieterse op 31 punte in die tweedeplek. Die derdeplek met 26 punte was deur Anja Botes ingeneem.

J Engelbrecht.
Istelle Pieterse.

Die BJV Letaba-tak wil ook graag sy borge bedank wat bygedra het tot die geleentheid se sukses:

Letaba Arms

Tactical and Outfitter Mogodu Fish and Poultry.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here