‘n Nuwe tradisie genaamd Tydkapsule was op Donderdag die 8ste Oktober vir die Hoërskool Ben Vorster se gr.8 leerders ingestel. Foto's: Hoërskool Ben Vorster

‘n Nuwe tradisie genaamd Tydkapsule was op Donderdag die 8ste Oktober vir die Hoërskool Ben Vorster se gr.8 leerders ingestel.

Sumari Vorster en Juandré Marais van die Hoërskool Ben Vorster was van die eerste gr.8-leerders wie aandenkinge in die nuut-ingestelde Tydkapsule geplaas het. Hulle kan dit eers in hul 2024-matriekjaar weer oopmaak om terug te blik op 2020.

Elk van die graad 8-klasse het twee artikels oftewel items, wat eie aan 2020 is, in die tydkapsule geplaas. Wanneer dié gr.8-leerders in 2024 in matriek is, sal hul die voorreg gegun geword om tydens ‘n spesiale funksie dié kapsules, met hul herinnerings aan 2020, oop te maak.

Wanneer dié gr.8-leerders in 2024 in matriek is, sal hul die voorreg gegun geword om tydens ‘n spesiale funksie dié kapsules, met hul herinnerings aan 2020, oop te maak.

Vir hierdie leerders mag vyf jaar klink of dit dalk ‘n baie lang tydperk is, maar voor hulle hul oë uitveë, gaan dié dag aanbreek wat beslis vir groot opwinding en nostalgie vir die toekomstige matrikulante gaan sorg.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here