Die 2020/2021 prefekte van die Hoërskool Merensky. Voor is Abigail Caldeira, Janke Basson (onderhoofmeisie), Suné Hermann, Zuleika Ferns, Mariesa Schutte, Charmaine Ramokhola, Ronel Maponya en Palesa Shiluvane. In die middle is Louis Botha (hoofseun), Michaela Elbrecht, Charlize Krause (onderhoofmeisie), Megan Jardine, Luné Fritz, Annaline Rood, Jo-Leigh Pretorius, Mariné Potgieter, Victory Mathebula, Hayley-Kay Buys en Emma Dalrymple-Hay (hoofmeisie). Agter is Daniel Smit, Christian Barnard, Rain Terblanche, Stef Lordan (onderhoofseun), Ronan Theron, Abrie Whelan (onderhoofseun), Willem-Albert Ludick, Anke Venter, Lungile Zandile, Ethan Valentine en Terence Fogwell.

Die Hoërskool Merensky se nuutverkose prefekte vir 2020/2021 het die skool se jaarlikse tradisionele leierskamp vanaf die 2de tot die 5de Oktober te Faerie Glen by Westfalia bygewoon.

Op hierdie kamp het die nuwe leiers verskeie uitdagings in die gesig gestaar wat samewerking, beplanning en die deurnag se aktiwiteite behels het. Soos gebruiklik is met die jaarlikse instelling, was daar ook tyd gemaak om die embleem en slagspreuk vir hul termyn te ontwerp.

Die nuwe hoofseun, Louis Botha saam met sy ouers, Anne en Marius Botha.

Op Donderdag die 8de Oktober het die amptelike inhuldiging plaasgevind. Soos die tradisie betaam het die uitredende hoofleiers, Jamie Robertson en Gerhardus Fourie, hul afskeidsboodskappe gelewer.

Die nuwe hoofmeisie, Emma Dalrymple-Hay, met haar ouers, Hamish en Janeta Dalrymple-Hay. Foto’s: Hoërskool Merensky

Die nuwe hoofleiers, Louis Botha en Emma Dalrymple-Hay, het hul op hul beurt die eerste toesprake gelewer. Spoggerig in hul splinternuwe Uitvoerende Komitee (UK) baadjies, het die trotse ouers teenwoordig die nuwe leiers se speldjies aangesteek waarna elkeen die erekode onderteken het. Die verrigtinge was met die nuwe leiers se eie UK-lied afgesluit. Die gesogte UK-kamer was Maandag die 12de Oktober aan die nuwe groep leiers oorhandig.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here