Vrystaat boere kry hulp
Wynand van der grijp en so handvol werker besig om 'n trokvrag mieliemeel aftelaai. Foto: Joe Dreyer

Dele van die Vrystaat lê in puin na verwoestende veldbrande wat verlede week in die Hertzogville area uitgebreek het. Volgens dr Jack Armour, Operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou (VL), is van die brande deur betogers gestig wat blykbaar oor swak dienslewering betoog het. Die erge hitte en sterk wind wat die naweek in die Vrystaat geheers het, het die situasie ook verder bemoeilik. 

In sommige gevalle is daar beeste wat volgens Armour, sewe plase vêr gehardloop het om van die brande te ontsnap en daar is selfs boere en hulle gesinne wat brandwonde opgedoen het. Gesinne het alles verloor. Meer as 100 000 ha is in die brande, wat as van die ergste in die afgelope paar jaar bestempel is, heeltemal verwoes.

Verlede week Donderdag het Carel van der Grijp, voorsitter van die Letaba Brandwag Plaaswag en Dirk Joubert, aan die werk gespring om hul Vrystaatse boere te hulp te snel. ‘n Noodkreet is oor die plaaslike sosialemedia groepe asook WhatsApp groepe uitgestuur en binne etlike ure is daar skenkings van voer, water, kos en klere uit die Letsitele en Tzaneen omgewing ontvang.

‘n Werker help om voer van ‘n vragmotor af te laai wat later die dag op ‘n vragmotor Carnarvon toe sou vertrek. Foto: Joe Dreyer

“Van daar af het dit net begin groei en mense het ons begin skakel om te hoor hoe hulle kan help, waar hulle kan bydrae lewer, en wat die boere in die Vrystaat alles nodig het. Dit was regtig ‘n voorbeeld van hoe die kleinboer in ons area sy kant kan bring om sy mense te help,” het Van der Grijp gesê. “Alhoewel die Letaba Brandwag Plaaswag die voortou geneem het, was dit die gemeenskap wat hierdie projek ‘n sukses gemaak het, en ons dank ieder en elk wat hand bygesit het, daarvoor. Julle red lewens.”

Bulletin het Donderdagoggend by Van der grijp gaan draai op sy plaas langs die R71 waar hulle hard besig was om voer en mieliemeel te laai. ‘n Vragmotor, geborg deur Muis Joubert van PPS Petroleum het met ‘n vrag voer vertrek terwyl Johan Duvenhage, Angelique le Roux en hulle kinders besig was om blikkies kos op palette te laai. Willie en Christo van der Grijp het saam met van die werkers ‘n trokvrag se mieliemeel afgelaai terwyl ‘n ander groep doenig was met waterkanne wat deur Oasis Water geborg is.

Terwyl die mans op die plaas besig was om vragmotors te laai, het die vrouens spesiale kartonhouers vir die Vrystaatse vroue en kinders opgemaak. Elke houer het skoonmaakmiddels en kruideniersware bevat met spesiale houers vir die kinders wat lekkergoed en ‘n speelding binne in gehad het. Hierdie houers is uit die Oasis Winkelsentrum, waar die vrouens ‘n tydlike stoor uitgerig het, aanmekaar gesit.

“Daar het ‘n boer ons uit Carnarvon in die Karoo gekontak en vir hulp gevra. Hy het sy eie store leeg gemaak om die boere in die Vrystaat te help en het self nou ook hulp nodig gehad. Hy het aan ons vertel dat die Carnarvon streek nege jaar laas reën gehad het, so hulle soek nie geld nie, hulle soek water, voer en kos.”

Vrystaat Boere
Carel van der Grijp, Johan Duvenhage en Annelien le Roux pak blikkieskos om te laai. Foto: Joe Dreyer

Die eerste vrag voer het reeds gister op Carnarvon gestop en die twee vragmotor was teen druktyd oppad met water, kos, kruideniersware en voer na die boere op Ottosdal. Die Letaba Brandwag lede is self ook oppad Vrystaat toe met bakkievragte kos en water.

“Hierdie is nie ‘n projek wat deur enige van die landboustrukture gereël of beheer word nie. Hierdie is boere wat boere bystand bied. Dit is letterlik van hand na hand. Die boere onder in die Vrystaat stop by ons trokke en laai voer en ander benodighede direk op hulle bakkies. Geen derde party het insae hier nie, hierdie voorraad gaan aan ons mense wat bystand en ondersteuning verlang.”

Hier is ‘n volledige lys van die borge wat bygedrae het tot die sukses van hierdie projek:

  1. PPS (Muis Joubert) – Vervoer vanaf Tzaneen na Ottosdal.
  2. Stefan Van Heerden – Vervoer vanaf Tzaneen na Ottosdal.
  3. Gert Koch – Vervoer – 2 trokke (interlinks) vanaf Standerton na Carnarvon.
  4. Divan Venter van Standerton vir 2 vragte bale teen kosprys.
  5. Anonieme instansie wat die bale betaal het van R 14 000.00.
  6. Louina en Willem Oosthuizen, Culles en Heidee du Plooy vir 1 vrag bale.
  7. Pierre Homan en Dirk Joubert vir 70 bale.
  8. Ian Meintjies vir 200 bale Lusern.
  9. ADA verspreiders vir skoonmaakmiddels.
  10. Johan en Retha Meyer vir 1000 Panado pille.
  11. Kobus Herman van Letaba Snacks vir 1000 pakkies Niknaks.
  12. Anonieme persoon vir 100 sakke x 12,5kg mieliemeel.
  13. Rhino Chemicals vir skoonmaakmiddels.
  14. Alfred Scott vir klerasie.
  15. Pieter Henning vir 100 behandelde heiningpale.
  16. Hannes en Marnus Engelbrecht van Star Trailers vir 2 sleepwaens.
  17. NTK Tzaneen wat 50 beeslek-blokke gedeeltelik subsidieer.
  18. PA Sales vir 50 kartonne Chakalaka Speserye.
  19. Johan Duvenhage vir die reëlings dat VIVA Garage al ons brandstof vir die bakkies sal dek.
  20. Maria Barkley vir die 3 x “Boks vir Boer”.
  21. AP Kerk en sy lidmate vir die ruim donasies. Dankie, Amalea Alberts vir die reëlings.
  22. Sarel Du Toit – R 1 000.00 inbetaling.
  23. SJ Auto – R 2060 inbetaling.
  24. Peter Meyer – R 1 000.00 inbetaling.
  25. Anonieme inbetalings van totaal R 30 900.00.
  26. Dieter en Anicke Blank, Vanessa en Jacque Pienaar, Willie en Angelique van der Grijp,
  27. Whilene en Thys Toerien en Charlene en Juan de Beer vir die verskeidenheid van skenkings.
  28. Billy en Mirinda van Staden vir die kontant bydrae.
  29. Johan en Lize-Ann van Zyl vir die 4 x “Books vir ’n Boer”.
  30. Lady & The Tramp vir die kontant donasie.
  31. Mango rolle van ’n vriend en vriendin.
  32. Brenda Kruger vir die bydrae.
  33. Imperial Logistics vir 1 x 8-ton koeltrok.
  34. Susan Larson en Martella van Zijl vir jul inbetalings.
  35. Jasper Visser vir 70 bale Lusern
  36. Leon, Marina en Luan van Mugg & Bean vir die verversings en kos Maandagaand.
  37. Hansie Hoffmann van die Spur wat ons kom besoek het en vir die dames wat die verpakking gaan doen oop Dinsdag- en Woensdagaande van kos gaan voorsien.
  38. Sampie Liversage wat so getrou die kos aanry en sorg dat niemand honger ly nie.
  39. Alida Liversage vir die reëlings van die kosse.
  40. Miami Canners wat 1800 blikkieskos skenk.
  41. Giam Fourie wat 10 Palette (1600) koolkoppe skenk
  42. Past. Hein Husselman van die AGS gemeente Letsitele vir hul donasie van Kruideniersware
  43. Thys du Toit vir 10 sakke Pampoen en 20 sakke Butternuts.
  44. Kobus Gouws en Frans Le Grange wat R 5 000.00 kontant geskenk het.
  45. Nog Anonieme inbetalings van R 1 300.00 (Totaal nou R 32 200.00)

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here