Empty and neglected swimmingpool
Die multi-miljoen Rand swembadfasiliteit wat nou wééreens buite werking is. En dit nogal in die aanloop tot die swemseisoen.

Tzaneen se munisipale swembad is nou al amper groener as die grasperk wat om die bad groei. Die klein swembadjie wat bedoel is vir die kinders om in te swem, staan leeg. Teen druktyd kon ons nie daarin slaag om enige terugvoering oor die stand van sake by die hierdie fasiliteit te kry nie, maar ons het navrae aan die segsman, Neville Ndlala gestuur en wag vir terugvoering.

Dit is vir ons kommerwekkend dat die swembad wat veronderstel is om vir die publiek oop te wees, nou duidelik buite werking is. Nog meer kommerwekkend is dat selfs na miljoene spandeer is om die fasiliteit en geriewe op te gradeer, hierdie swembad nog nooit weer behoorlik deur die inwoners van Tzaneen benut kon word nie.

Die eens-pragtige olimpiese-grootte swembad wat nou eerder soos ‘n rugbyveld lyk.

Bulletin het die afgelope vier jaar gereeld oor dié teerpunt (die “Poolgate” skandaal soos ons hom benoem het) berig gelewer. Daar is keer op keer ongeruimthede, insluitend die lagwekkende aanstelling van lewensredders wat nie kon swem nie, en die aanstelling van Vikhram Singh as hoof van die fasiliteit, selfs nadat hy uit dieselfde pos in Buffalo City Munisipaliteit afgedank is oor hy na bewering die ingangsfooie by die hek in sy eie sak gesteek het, uitgelig. Ons wag vir terugvoering.

>