Daleen Smit (SAVF maatskaplikewerker) saam met die motorfietsryers Eddie Coad, Raymond van Wyk, Thea Coad en Wimpie van Wyk. Agter is Bruce Streaton en Ryno Kunneke. Foto’s: Roelof de Jonge

Die vervloekte Covid-19 virus kon nie die motorfietsgemeenskap van Tzaneen en omgewing weerhou nie om oudergewoonte hul harte en beursies oop te maak vir die jaarlikse Toy Run welwillendheidsveldtog vir minderbehoeftige kinders en gesinne.

Bruce Streaton, Vise-President van Tzaneen se Road Hoggs Motorfietsklub, was van die plaaslike ysterperd-ridders wie gehelp het om voedsel en sspeelgoed vir mense in nood gedurende Desembermaand te skenk.

Volgens een van die weldoener motorfietsryers wie betrokke was, is Ryno Kunneke. Volgens Kunneke word die Toy Run tradisioneel jaarliks in November gehou, maar weens die Covid-19 inperkingsmaatreëls moes hulle die samekoms en datum wysig vir die geleentheid.

Thea Coad, ‘n plaaslike motorfietsryer van Tzaneen, het saam met mede-weldoeners van verskeie motorsfietsklubs speelgoed en kos gedurende Desember aan behoeftige mense geskenk.

“Dit is verblydend om die motorfietsgemeenskap van Tzaneen in sy geheel saam met motorfietsryers van omliggende dorpe te sien kragte saamspan met die een doel voor oë, om hul welwillendheid aan behoeftige mense te deel”, het Kunneke gesê.

Ryno Kunneke, President van die Tzaneen se Road Hoggs Motorfietsklub, is van die motorfietsryergemeenskap wie hand bygesit het om voedsel te skenk gedurende Desember by die SAVF-kantoor op Tzaneen.

“Alhoewel ons vanjaar onder die rader vanjaar se projek moes benader weens al die inperkings, was ons nieteenstaande aangenaam verras deur die ondersteuning wat ons van die gemeenskap, borge en van verskeie besighede in die dorp ontvang het.”

Volgens Kunneke is die jaarlikse Toy Run ‘n liefsdadigheidsprojek wat die motorfietsgemeenskap na aan die hart lê, en dit gee aan die ysterperd-ridders die geleentheid om iets besonders vir hul gemeenskap te kan vermag.

Daar is drie geleenthede wat vir die jaar vir Tzaneen se motorfietsgemeenskap en organisies beplan word, ondermeer die Poker Run wat op die 8ste Mei gehou gaan word. In Julie word ook ‘n samekoms beplan en dan natuurlik die jaarlikse Toy Run wat gedurende November gehou word.

Eddie Coad en Raymond van Wyk.

Afgesien van hierdie drie geleenthede wat beplan word, is daar tientalle ‘breakfast runs oor naweke wat ook gehou word. Kontak vir Ryno Kunneke (083 560 8610) of Bruce Streaton (081 089 7864) om meer te wete kom.

Kunneke is die President en Streaton die Vise-President van die Road Hoggs Motorfietsklub op Tzaneen. Kunneke het vir 12 jaar die pos as Vise-President beklee en het sowat ses maande terug die leisels as President van die Tzaneen se Road Hoggs oorgeneem.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here