Nou loop ons verhaal in ‘n rigting waarvan hierdie rekenaar nog nie weet nie. Dis ‘n roete wat nêrens op ‘n padkaart verskyn nie, maar uitgestippel is deur die Skepper wat weet waarheen ons moet gaan.
Soos Mandela se mense hul stryd om vryheid gevoer het, was ons stillig besig met ons eie stryd om oorlewing. Ek weet nie van jou nie, maar elke oomblik in die tydperk is in my geheue vasgemessel – met klippe van werklikheid.
Dit voel soos eergister toe die draadloos in ou Klaas White se bakkie die nuus oor Amerika se Twin Towers in Parow uitgeblaker het.
Vandag sit ons met peste en kwale in die verkeerde ouderdomsgroep.
Halmpies uit die verlede vrolik dikwels neerslagtige oomblikke op, maar dit hou nie langer as die effek van ‘n Disprin nie.
Een groot vreugde het nietemin uit ons verbond ontstaan en sal onblusbaar bly. Paul-Charl Lombard Nel Roux Blignaut is my lewende testament en onuitwisbare watermerk, soos ‘n permanente Disprin.
Hierdie is net ‘n paar gedagtes uit miljoene. Wanneer ‘n mens die goed neerskryf, maak dit die nag se slapeloosheid korter en rem die koets wat al dringender na die afgrond jaag. Groete en vrede vir julle, Louis
Ek lieg verskriklik. Hier is nog ‘n sarsie. Die ligamente in my skouer het nog nie herstel nie sedert daai dag toe die meubels by die koeliemeid se huis opgedra moes word.
Daar waar die geheime antenna in die agterplaas gepryk het uit die apartheidstyd om die Gihwalas se beursies dik te hou. Die einste plek waar die klein koeliemerrie uit Durban amper ‘n tienling gebaar het oor ‘n porsie maalvleis van beestelike afkoms.
Wie ook al uiteindelik Ba se kluis na haar dood oopgesluit het, sit seker nou nog met brandmerke aan die vingers weens die “vloek van die beesvleis”. Laat hulle stik in die gatte van hul voorvaderlike Asiatiese ansestore.
Hier aan my regterbeen sit ‘n knoppie net onder die knie. Dis ‘n ligte letsel van die tye toe ek en PC met die paadjie opgestap het na Simon van der Stel tussen al die skollies deur. Dit was ‘n opdraand wat toe nie moeilik was nie, want daar was ander bulte om te klim.
Later se treinritte tussen Dieprivier en Bellville is ook iets van die verlede, maar nie vergete nie. Al ligpunt was ou Chris Redelinghuys, met wie ek my verjaardag saam kon vier. En sy houvrou Magda Silver wat so gereeld vir ons almal gebid het terwyl ek die roes van sy Jaguar moes afskuur.
Die dag toe die silwergrys Subaru in Airport Industrial Two opdaag, was vir Chris ‘n terugslag, maar ook ‘n verligting. Hy het geweet ek verdien beter omstandighede. Ek het nog steeds die blou Weslander-hempie wat ek daardie oggend oor my maer lyfie gedra het.
Dis net jammer oor al my dagboeke wat in Dieprivier by Marius Willemse in die slag gebly het. Daar was nogal ‘n klompie waardige geskrifte wat oorvertel kon word.