Voor is Mckayla Lauterbach, Shanté Pitout, Danielle Naudé, Tashne Opperman, Tina Roos, Marno Jacobs, Cilliers van Heerden en Mias Koen. Agter is Meyer Jacobs, Juan Meintjes, Gideon Goosen, Brooke de Beer, Jane Benson, Azel Vorster, Cara du Plessis en Yvonne Botha. Foto’s: Hoërskool Ben Vorster

Die Hoërskool Ben Vorster het op Donderdag die 15de Oktober sy jaarlikse gr.9-kunsveiling gehou.

Danielle Naudé.

Dié skool was ook bevoorreg om hul hoof, Jan van Staden, se skrywerstalente te vier. Sy boek, Die Noagvoël/The Noah Bird, was tydens die kunsveiling bekendgestel met ‘n voorlesing as voorsmakie van die boeiende verhaal.

Die gaste kon dan ook getekende eksemplare aankoop en ‘n woordjie wissel met die Ben Vorster se begaafde skrywer. Die wins van die boek se verkope word goedgunstelik aan die skool geskenk.

Dudley Jackson.

Die leerders het onder leiding van hul kunsonderwyseres, Anél Griesel, al weke voor die tyd die verf en kwas ingespan het om vir die spoggeleentheid gereed te wees. Daar was verwag van die aspirante kunstenaars om landskappe te skilder en hulle het hulself oortref met die unieke kunswerke wat hul geskep het.

Die geleentheid was ‘n opgewonde affêre met Fanie Oberholzer wat die afslaerhammer beman het. Oberholzer het die aand met sy kwinkslae en unieke afslaer-styl vir ‘n geleentheid gesorg wat vir lank deur die kunstenaars en gaste onthou sal word. Dié afslaer het die beste moontlike pryse vir die leerders se kunswerke beding.

Crystal Gouws.

Zoë Jacobs en Iloné Venter het met hul sangtalente die gehoor met hul musiek vermaak.

Zoïse Pienaar is ‘n kunsleerder by die Hoërskool Ben Vorster en het gesorg vir die kunswerk wat op die boek se omslag pryk. Sy het ook tydens die aand se verrigtinge die oorspronklike kunswerk aan van Staden oorhandig.

Die gr.9-leerders is dankbaar vir ieder en elk wat die aand bygewoon en ondersteun het om hierdie geleentheid ‘n reuse sukses te maak.

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here