Ruzanne Koekemoer.

Altesaam drie gr.8 leerders van die Hoërskool Merensky, naamlik Ruzanne Koekemoer, Veroneque Lessing en Leané Craucamp, het tydens die eindrondte van die landswye Radikale Redenaarskompetisie met welslae deelgeneem.

Vanjaar moes die redenaars bonop die uitdaging van ‘n gehoorlose, digitale kompetisie trotseer. Ten spyte van hierdie omstandighede het dié drie Plasie-leerders hulle goed van hul taak gekwyt.

Leané Craucamp.

Koekemoer het haar voorleesvaardighede goed ingespan en behaal ‘n sewende plek vir Afrikaans Prosa en ‘n agtste plek vir Afrikaans Poësie. Vir Engels Poetry en Prose het Koekemoer twee uitstekende vierde plekke agter haar naam geskryf.

Veroneque Lessing. Foto’s: Verskaf

In die Afrikaans voorbereide toespraak-afdeling het Lessing ‘n sesde plek en Craucamp ‘n 13de plek behaal. Volgens Louis du Preez, bemarkingsbestuurder van die Hoërskool Merensky, sien dié skool uit na die toekomstige prestasies vir 2021. Dit kom na die toevoeging van ‘n doelgerigte redevoeringtutor vir die MDDK-skool (Musiek, Dans, Drama en Kuns).

>

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here